Breederivier Skrywersburo vir Amateurskrywers

Januarie 16, 2009

Die Breederivier Skrywersburo is gestig met die doel om aan amateurskrywers ‘n platform te bied om hulle skryfwerk te ontwikkel

Die idee het ontstaan nadat amateurskrywers hulle skryfwerk – van gedigte tot kinderverhale – aan die Breederivier Taalburo gestuur het vir kommentaar, proeflees en inligting hoe om dit te publiseer.

Die doel van die Skrywersburo is derhalwe:

  • Om amateurskrywers se werk te evalueer n.a.v. basiese riglyne wat saamgestel is uit werkwinkels, boeke oor skryfkuns, asook praktiese wenke van skrywers en digters – . Die evaluasie is nie-akademies en nie-literêr van aard en is bloot ‘n riglyn vir die skrywer om sy werk te verbeter.

  • Om bogenoemde dienste te verskaf teen bekostigbare tariewe.

  • Om, indien werk na die mening van die Skrywersburo van uitstaande kwaliteit is, dit aan kundiges voor te lê vir kommentaar.

  • Om, aan die einde van elke jaar, ‘n bundel saam te stel en uit te gee waarin lede van die Skrywersburo se werke gepubliseer sal word.

  • Om deur kompetisies en ander skryfgeleenthede lede aan te moedig om hulle skryfwerk vir publikasie aan te bied.

Inligting oor skryfgeleenthede en skryfkompetisies sal deur middel van ‘n nuusbrief aan lede bekend gemaak word.

‘n Nuusbrief vir lede van die skrywerburo word maandeliks uitgestuur met werkopdragte, wenke en idees oor die skryfkuns. Lesings wat tydens die jaar aangebied word, sal teen spesiale tariewe aan lede beskikbaar aangebied word.

Die nuusbrief sal per e-pos aangestuur word of kan gepos word.

‘n Jaarlikse registrasiefooi van R120.00 is betaalbaar en by ontvangs hiervan sal lede maandeliks nuusbriewe en werkopdragte ontvang.

Bankbesonderhede:

Breederivier Skrywersburo

Absa Robertson

Spaarrekening No 91961 21959

**Evaluasiediens:

Skrywers wat nie in die skryfgroep belangstel nie, maar net van die evaluasiediens gebruik wil maak, hoef nie die registrasiefooi te betaal nie. ‘n Lys van tariewe is aangeheg. Die tariewe is onderhandelbaar n.a.v. die hoeveelheid werk wat ingestuur word.

Meer inligting oor die Skrywersburo kan verkry word deur Anita te skakel by 078 293 9877 of per e-pos by skrywersburo@gmail.com of per landpos na Breedrivier Skrywersburo, Drommedarislaan 12, Robertson, 6700.

**Lesings beskikbaar:

Wenke by die skryf van kortverhale

Hoe om krities te lees

Inleidende kursus tot die skryfkuns

Die skryf van artikels vir koerante en tydskrifte

Kwatryne en Sonnette

Lesings oor simboliek in die letterkunde

Deel 1 R50

Deel 2 R75

Deel 3 R50

Deel 4 R50

Die hele reeks is beskikbaar teen R220.00

Die inligting word via die internet gestuur, behalwe vir die Inleidende kursus tot die skryfkuns – dit word gepos.

Bankbesonderhede:

Breederivier Skrywersburo

Absa Robertson

Spaarrekening No 91961 21959

Tariewe vir evaluasie:

Evaluasie van gedigte: R15 vir tot 20 reëls

20 reëls en meer – R2.50 per 10 reëls

Evaluasie van prosa R30 per bladsy tot en met 3 bladsye

R10.00 per bladsy ekstra vir 4 bladsye en meer

Evaluering van manuskripte of verhale langer as 30 bladsye: R35.00 per uur (die tarief is onderhandelbaar)

Skryfwerk kan per e-pos of per pos gestuur word.

Evaluasie ens sal gedoen word sodra bewys van betaling ontvang is.

Na evaluasie gedoen is, sal werk en kommentaar via internet of per pos teruggestuur word.

Skryfwerk wat per pos aangestuur word, moet vergesel word van ‘n gefrankeerde koevert vir die terugstuur van die materiaal of posgeld moet saam met die evaluasiefooi betaal word.

Bankbesonderhede:

Naam van rekening: Breederivier Skrywersburo

Absa Robertson

Flexi Spaar No 9196121959

**Proeflees, redigering en vertalings:

Die skrywersburo is ‘n vertakking van die Breederivier Taalburo. Die taalburo bied dienste aan soos proefleeswerk, redigering en vertalings. Die Taalburo beskik oor professionele proeflesers, redigeerders en vertalers.

Kontak:

Jean van der Merwe

Tel: 072 602 2700

E-pos: taalburo@breede.co.za

Tariewe:

Proeflees – R25 per 1000 woorde

Redigering – R60 per 1000 woorde

Vertalings – 30c per woord

Tegniese en wetenskaplike vertalings – 45c per woord

(Die pryse kan gedurende die jaar aangepas word)